BAINS GAME LODGE


We appreciate the comments of our visitors. We place all letters unchanged. In order to comment on your stay please click here. HOME

Goeiemiddag

Ons het Bains Chalet Park besoek op 27 Augustus to 30 Augustus 2010
en in Cabin No 24 oorgebly.

Dit was regtig nie’n aangename ervaring nie. In die eerste plek voel ek dat besprekings my moes ingelig het dat hulle besig is om voor die Cabin te bou en hope sand voor die plekkie lê met die erge wind wat nou waai.

As dit dan die enigste Cabin beskikbaar was het ek darem ‘n keuse gehad of ek dit wou neem. En onder hierdie omstandighede sou ek ook dink dat die skoonmakers tenminste ‘n stofsuier sou gebruik om die stof te beheer.

Die vloere , sitkamertafel en taai trapreelings het dik v.d stof gelê. Die wasbak in badkamer het nie prop gehad nie. Messe en vurke was vol vet – die pan het nog vasgebrande eier kolle gehad.

Van die komberse is ook nie skoon nie. Saterdagoggend het ek gaan kla oor die prop en dat die plek vuil is. Die dame was baie jammer en belowe om dit onder die skoonmaak dienste se aandag te bring.

Sy het darem Saterdagoggend ‘n prop gebring. Saterdagoggend is net die beddens opgemaak en skottelgoed gewas, net die sitkamervloer so hier en daar geraap
met die besem geen meubels bietjie stof afgevee nie. Stoep glad nie gevee nie. Die asblikemmer in kombuis net uitgegooi nie eers uitgespoel nie, nog taai en vol stof van vorige mense.

Ons het ‘n seuntjie van 2jaar oud wat met sy speelgoed op die grond speel - so ek het self die vloer af gevee en die stoep en reelings met seepwater afgewas.

Die toiletbak lek onder waar dit in die vloer kom so dis gedurig nat. By die stort se deur op die vloer in die badkamer is die planke papnat en staan ‘n baksteen daarop.

Ons moes ook self die braai skoonkrap om weer te kan gebruik en daar is nie gereedskap daarvoor nie.
Ek is jammer dat dit nodig is om al die dinge onder u aandag te bring maar ek voel vir R212.25/persoon per nag ons was 4 mense dit is R849/nag is onaanvaarbaar.

Met dank

Mev. Marie Vermaak