Bains Game Lodge

Hotel en selfsorg akkommodasie in Bloemfontein


 AANLYN BESPREKINGS

SUID-AFRIKA HOTELS

ANDER HOTELS

OPMERKINGS

STUUR EPOS

ENGLISH 

TEMBA TUISBLAD

SKAKELS 

R62 Vredenhof Kleinhoewe, Bloemfontein, Suid Africa

KANTOOR URE BESPREKINGS NR.

+27 (0) 21 855 0395


Bains Game Lodge is op 42 ha uitsoekgrond slegs 2 km wes van die grens van Bloemfontein geleë. Op hierdie grond ontvou die visionêre ontwerp van Marius Strydom. Die 24-uur-sekuriteitsdorpie sal konferensiefasiliteite, restaurant en vermaak, winkels, gesondheidsfasiliteite en ‘n keuse van akkommodasie, insluitend chalets, woonstelle en ‘n hotel insluit.

Tot onlangs nog het Bains Game Lodge uit konferensiefasiliteite, twee restaurante, en ‘n aantal chalets bestaan – alles binne ‘n natuurlike habitat wat ‘n tuiste aan ‘n aantal wildspesies bied. Die bestaande 100 beddens van die chalets en hutte is heeltemal te min te oordele aan die gewildheid van die oord. Hierdie fasiliteite word nou opgegradeer en nog 100 beddens word bygevoeg.

Die eerste blok van 54 splinternuwe, uiters moderne hotelkamers is nou beskikbaar. Agt tweeslaapkamer “executive chalets” is ook voltooi. Die Bains Game Lodge Hotel bestaan nou uit 110 kamers en ‘n splinternuwe ontvangsarea.

Bains Game Lodge, geleë op die buitewyke van die Rosestad, Bloemfontein, Suid-Afrika, bied jou ‘n tuiste weg van die huis. Met gerieflike akkommodasie, vriendelike personeel en ‘n verskeidenheid wild op die perseel, sal Bains jou altyd beïndruk.


Kinders jonger as 6 bly gratis
- Kinders tussen 6 jaar en 12 jaar betaal die helfte van die volwasse prys
- Kinders ouer as 12 jaar betaal die volwasse prys


  

  

LODGES IN NAMIBIE

Indien Bains Game Lodge net 'n oornag stop is vir jou tussen Kaapstad en die Caprivi in NamibiaTemba bied uitstekende akkommodasie in Namibie. Een van ons gumnstelinge is Mazambala Island Lodge op 'n eiland in die Caprivi. Ngepi Camp is 'n ander baie gewilde lodge en bied die mees ongewone akkommodasie in die Caprivi. Hier kan jy die omgewing geniet terwyl jy op die toilet sit, en in 'n veiligheidshok in die Okavango Rivier swem.

As jy woestyne geniet kan jy gerus die Vingerklip Lodge in Damaraland of Kaokoland van Namibiê probeer. Hierdie lodge is naby Korixas en binne loop afstand van die bekende Vingerklip rots..